Back to results
Cover image for book Christo Wiese

Christo Wiese

Risiko en rykdom
By:TJ Strydom
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624085881
eText ISBN:9780624085898
Edition:1
Copyright:2017
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Op sy dag eienaar van 'n diamantmyn, 'n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land. As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy 'n magtige sakeryk op, wat Shoprite en 'n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: 'n eindelose liefde vir transaksies, 'n vreeslose aptyt vir risiko en 'n oog vir 'n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om 'n kans te waag nie. Die berekende risiko's wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op 'n vars, pakkende manier.