Back to results
Cover image for book Gaan Suid-Afrika oukei wees?

Gaan Suid-Afrika oukei wees?

17 Sleutelvrae
By:Jan-Jan Joubert
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624087700
eText ISBN:9780624087717
Edition:1
Copyright:2019
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In Suid-Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie? Suid-Afrikaners wat keelvol is vir korrupsie - maar lief vir die land - het byna 'n dekade lank hoopvol daarna uitgesien dat Jacob Zuma uit die kussings gelig word. Nou is Cyril Ramaphosa aan die stuur, maar steeds lyk die toekoms onseker. Sedert Ramaphosa die Uniegebou betrek het, het die werkloosheidskoers die hoogte ingeskiet. Die ekonomie groei nie. Met Eskom wat net-net die ligte kan aanhou, populisme wat wyd kop uitsteek en die beoogde nasionale gesondheidsversekering, soek al meer Suid-Afrikaners hul heil in die buiteland. Daar is ongetwyfeld groot uitdagings en Suid-Afrikaners is met reg bekommerd oor die toekoms. Gaan ons dié keer oor die afgrond stort, of is daar hoop? Gaan ons oukei wees? Die gesoute politieke joernalis JAN-JAN JOUBERT kyk na die brandende kwessies wat ons lot kan bepaal. Gaan Suid-Afrika oukei wees? is noodsaaklike leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat ingelig wil wees en omgee oor die land se toekoms.