Back to results
Cover image for book Kinders wat moor

Kinders wat moor

Wie se skuld is dit?
By:André le Roux
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624089421
eText ISBN:9780624089438
Edition:1
Copyright:2020
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die een moordenaar suig sy duim. Die ander een klim op sy ma se skoot en begin huil. Hulle speel met hul speelgoed en lees hul strokiesprente op die vloer van die polisiekantoor. Hulle is albei 10 jaar oud. Wat dryf 'n kind om moord te pleeg? 'n Skynbaar normale kind uit 'n "goeie" huis ... Henri van Breda, die Welkom-begraafplaasmoord, Marcel Steyn van die Krugersdorpse afspraakmoorde en soveel ander, dalk al vergete: die Waterkloof-4, Marlene Lehnberg, Charmaine Phillips, Phoenix Racing Cloud Theron ... André le Roux kyk na die kínd agter dié opspraakwekkende moorde en soek na 'n antwoord aan die hand van gevallestudies en die jongste navorsing. Wat gaan aan in 'n kind se kop van geboorte tot adolessensie? Wat is die rol van gene, ouers (die ma, altyd die ma), sosiale media, die internet, videogeweld, boelies, portuurdruk, stres en dagga? Die groter vraag is hoe om 'n suksesvolle kind groot te maak, een wat nie die spoor byster raak of moor nie ... Deur die skrywer van Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste.