Back to results
Cover image for book Die nuwe Afrikaanse prosaboek

Die nuwe Afrikaanse prosaboek

By:Sonja Loots
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798178082
eText ISBN:9780798178099
Edition:1
Copyright:2019
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950’s die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie. Met Rabie-verhale as invalshoek is hierdie ’n bloemlesing van eggo’s, spore en teenspraak in die werk van die wyd uiteenlopende skrywers wat hom opgevolg het. Die bundel bevat 149 verhale deur 57 skrywers. Vyftien van hierdie verhale is deur nuwe stemme: Sisca Julius, Lynthia Julius, Brian Fredericks, Madré Marais, Maruanda Wynne en Michèle Meyer. Daar is ook nuwe verhale wat nog nie voorheen elders verskyn het nie deur onder andere, Ronelda S. Kamfer, Gerda Taljaard, Chase Rhys, Zirk van den Berg, Christine Barkhuizen-le Roux, Jolyn Phillips, Jaco Fouché en Kirby van der Merwe.