Die lang man sonder skaduwee
| By: | Antoinette Pienaar |
| Publisher: | Penguin Random House South Africa |
| Print ISBN: | 9781415209431 |
| eText ISBN: | 9781415209448 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2018 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you

“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie
beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte
en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om
’n stram geselskap aan die gang te kry.
Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en
radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my,
haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem
het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse,
legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om
Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en
ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.
In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser
voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te
genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories,
raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke
probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees.
Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis
liefdevol opgeteken vir lees en herlees.