Back to results
Cover image for book Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

By:Pennie Mae Cartawick
Publisher:Independent Publishers Group (Chicago Review Press)
Print ISBN:9781547568413
eText ISBN:9781547568413
Edition:0
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.