Back to results
Cover image for book Identifiseer die bome van Suider-Afrika

Identifiseer die bome van Suider-Afrika

By:Braam van Wyk; Piet van Wyk
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781775846802
eText ISBN:9781775846796
Edition:2
Copyright:2019
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Dié boek se titel vertel alles! In hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf dit ’n duidelike begrip hoe bome saamgestel word en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek word in twee dele verdeel: Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boom-identifikasie. Deel 2 bevat ’n sleutel van 43 boomgroepe, gebaseer op maklik sigbare stam- en blaareienskappe. Dit verskaf ’n noukeurige oorsig oor elke groep, sowel as die Suid- Afrikaanse boomfamilies wat in die verskillende groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die funksionering van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer. Verkoopspunte: ’n Deursigtige en verduidelikende inleiding tot boom-identifikasie; sluit ’n beproefde sleutel tot boomgroepe in, gebaseer op maklik waarneembare funksies; ’n Nuwe uitgawe – bygewerk om die nuutste taksonomiese veranderinge te weerspieël; die perfekte metgesel vir veldgidse oor bome.