Back to results
Cover image for book Suiker Britz

Suiker Britz

Dossier van ’n speurbaas
By:Anemari Jansen; Stefaans Coetzee
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781776094707
eText ISBN:9781776094714
Edition:1
Copyright:2019
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van ’n era aangebreek – ’n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geïnspireerde moorde. In hierdie boek probeer die skrywers ’n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is dié van ’n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook ’n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is. Lesers wat maklik ontstel word deur grafiese materiaal, moet daarop bedag wees dat die sake wat in hierdie boek gedek word, dikwels grusaam en angswekkend is. Om egter ’n profiel van ’n man in Suiker Britz se liga saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken moet word.