Back to results
Cover image for book Die Kwesbares

Die Kwesbares

By:Steve Hofmeyr
Publisher:Penguin Random House South Africa
Print ISBN:9781776095469
eText ISBN:9781776095476
Edition:1
Copyright:2020
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet. In hierdie nuwe aflewering van die reeks speel die Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández, beter bekend as die Veearts van Baia Farta. So ook met die spoke uit sy verlede. In ’n verhaal wat strek van Suid-Afrika tot die Kalahari, Mauritius en Atlanta, Georgia, kom die Sluiper te staan voor sy vyande, korrupte regeringsamptenare, sluipmoordenaars, folteraars, en sy grootste uitdaging tot dusver. Met hierdie derde aflewering in die Sluiper-reeks oortref Steve Hofmeyr selfs die ontsaglik hoë standaard wat hy met Die onaantasbares (2017) en Die Lucky Strike (2018) gestel het. As aksieroman is Die kwesbares heeltemal uniek in die Afrikaanse lettere. Trefseker en sekuur. Soos ʼn koeël.